Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veewagter met petrol bestook, aan brand gesteek

’n Lesotho-burger (40) wat as veewagter in Meqheleng in Ficksburg in die Vrystaat gewerk het, is Saterdag deur ’n groep mans aangeval, met petrol bestook en aan die brand gesteek.

Dié man en nog ’n veewagter, ook van Lesotho, is onderweg na ’n winkel deur ’n groep mans voorgekeer en aangeval. Die tweede man kon daarin slaag om te ontsnap.

Die provinsiale nooddiens (EMS) het die man op die toneel dood verklaar.

Volgens die ooggetuie kon hy van ’n afstand sien hoe petrol oor die oorledene gestort en hy aan die brand gesteek word.

Die polisie is Saterdag omstreeks 22:30 na die moordtoneel in ’n oop ruimte tussen Uitbreiding 11 en Sone 8 in Ficksburg ontbied, waar hulle die tweede veewagter ondervra het, sê brig. Motantsi Makhele, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Makhele sê volgens die tweede veewagter, het hy en die oorledene saam na ’n winkel geloop toe hulle ’n groep van sowat tien mans met houtstokke teëgekom het.

“Die groep het hulle aangeval. Die ooggetuie kon wegkom, maar hulle het die oorledene gevang.”

Volgens die ooggetuie kon hy van ’n afstand sien hoe petrol oor die oorledene gestort en hy aan die brand gesteek word, sê Makhele.

Die verdagtes is onbekend en nog niemand is aangekeer nie.

Die oorledene se familie moet nog opgespoor word en daarom kan die polisie nie sy naam bekend maak nie.

• Mense met inligting kan die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 skakel of ’n anonieme wenk via die MySAPS-app stuur.

Meer oor:  Lesotho  |  Vrystaat  |  Moord  |  Polisie  |  Petrol  |  Vermoor  |  Brand  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.