Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veewagter vind gebrande lyk langs die pad
Uitenhage-weg wat langs die Chatty-gebied in Port Elizabeth verby strek. Foto: Google Maps

Die gebrande lyk van ’n man is die afgelope naweek deur ’n veewagter langs ’n pad in Port Elizabeth gevind.

Volgens die polisie was die slagoffer se hande en voete vasgebind.

Die veewagter het Sondagmiddag omstreeks 13:30 op die lyk, wat reeds begin ontbind het, langs Uitenhage-weg in die Chatty-omgewing afgekom.

Merke aan die slagoffers se nek wys dat hy moontlik gewurg is, het kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, gesê.

Die polisie vermoed die slagoffer is elders vermoor voordat sy lyk minstens vier dae gelede langs die pad gelos is.

Naidu sê ’n lykskouing sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel.

Die publiek se hulp word gevra om die man te identifiseer. Konst. Ralton Tarentaal kan gebel word by 082 442 1633.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.