Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheid verskerp ná hoë amptenaar ‘aangerand’ is

Veiligheidsmaatreëls is drasties verskerp by die munisipale kantoor in Oudtshoorn nadat die munisipale bestuurder, Allen Paulse, glo aangerand is en nou vir sy lewe vrees.

Paulse is onder streng bewaking, sê die Oudtshoorn-munisipaliteit in ’n verklaring.

Allen PaulseFoto: Verskaf

Volgens die munisipaliteit is hy op 2 April tussen 08:30 en 09:00 op die munisipale perseel aangerand. Luidens ’n verklaring het twee mans hom oor werkgeleenthede uitgevra toe hy op pad was na ’n vergadering. Die mans het glo beledigend geraak en vuil taal gebruik. Paulse het weggestap, maar die mans is agterna en het op hom geskree. ’n Veiligheidswag het kom help toe die mans Paulse begin aanval het.

Op dieselfde dag, omstreeks 09:15, is dieselfde mans blykbaar na die kantoor van Thomas Matthee, direkteur van gemeenskapsdienste. Hulle het weer aanmerkings gemaak en gedreig om Matthee dood te maak indien hy nie hul vrae beantwoord nie. Veiligheidswagte met honde het tussenbeide getree omdat die mans al hoe meer aggressief geraak het. Die mans was moontlik bedwelm, volgens die munisipaliteit, en is van die perseel af verwyder.

Op 5 April omstreeks 12:00 is die kantoor van die afdeling vir gemeenskapsdienste deur ’n groep klein-kontrakteurs binnegeval wat aangedring het op werk. Hulle het geëis om met Zouwe Lesia, bestuurder van die afdeling vir parke en ontspanning, te praat. Sy het hulle haar kantoor binnegenooi. In die kantoor het die kontrakteurs aggressief geraak, op haar gevloek en die K-woord gebruik. Veiligheidswagte het tussenbeide getree en die kontrakteurs is van die perseel af verwyder.

Al drie die voorvalle is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Op 8 April omstreeks 09:00 het Paulse ’n vergadering by die Verkiesingskommissie se kantoor bygewoon toe hy agterkom dat ’n groep kleinkontrakteurs op sy aankoms daar gewag het. Paulse het egter ekstra veiligheidswagte van die munisipaliteit by hom gehad.

Die munisipaliteit sê Paulse is onder streng bewaking omdat hy ná die voorvalle vir sy lewe vrees. ’n Interne memorandum oor bykomende veiligheidsmaatreëls is aan personeel uitgereik. Dit behels onder meer toegangsbeheer by die munisipale hoofgebou, geen besoeke van meer as twee mense sonder toestemming nie, en geen besoeke na-ure nie. Kantore moet ook gesluit word wanneer amptenare die gebou verlaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.