Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheid verskerp – nog ’n dokter aangeval

Net dae nadat ’n jong dokter haar aanvaller se tong afgebyt het toe hy haar in die Pelonomi-hospitaal wou verkrag, het rowers probeer om nóg ’n vroulike dokter by die hospitaal se motor te kaap.

Dít ondanks verbeterde veiligheidsmaatreëls wat die afgelope week inderhaas by die hospitaal ingestel is.

Zweli Mkhize, nuwe minister van gesondheid, was Vrydag self by die hospitaal om hom te vergewis van die veiligheidsituasie. Hy het toegegee dat veiligheid nie na wense was nie.

Die 24-jarige mediese intern wat Dinsdagnag in die roepkamer aangeval is, is gereed om van môre af terug te wees op haar pos.

Sy kry baie ondersteuning, het haar ma, ook ’n dokter by Pelonomi, gister aan Rapport gesê. Sy sê ook hulle is tevrede met die stappe wat gedoen is om die hospitaal te beveilig.

Die man wat haar dogter aangeval het, het net voor middernag Dinsdag aan die roepkamer se deur geklop terwyl sy alleen daar was. Sy het gedink dis ’n kollega en die deur oopgemaak. Hy het haar oorval en sy het ’n stuk van sy tong afgebyt. Toe hy vlug, het die stuk tong saam met sy broek op die vloer van die kamer bly lê. Die aanvaller is later aangekeer toe hy by die Nasionale Hospitaal mediese hulp gevra het.

Volgens Mondli Mvambi, woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, het die dokter in Januarie by die hospitaal begin werk.

In ’n tweede voorval gisteroggend in die vroeë oggendure het drie mans, een van hulle met ’n pistool, probeer om ’n ander dokter in die hospitaal se parkeerterrein te kaap.

Toe sy gil, het hulle haar selfoon gegryp en spore gemaak. Hulle het die pistool se magasyn in die parkeerterrein laat val.

Mvambi sê hulle is vol vertroue die veiligheidsmaatreëls wat nou getref is, sal vrugte afwerp.

Hy sê die departement gaan ook nouer saamwerk met die Universiteit van die Vrystaat se veiligheidsdienste. Hulle gaan ook stukkende slotte en ligte herstel en kommunikasie tussen gesondheidswerkers en veiligheidswagte verbeter.

Meer oor:  Pelonomi-Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.