Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheidswag doodgeskiet toe hy rowers probeer keer

’n Veiligheidswag van Nitrous Security in Port Elizabeth is doodgeskiet toe hy gereageer het op ’n sakerooftog in die stad.

Rodrick Erasmus Foto: Facebook

Rodrick Erasmus (45) is deur een van ses rowers doodgeskiet wat Vrydag omstreeks 20:00 ’n winkel langs Ou Kaapweg, in Greenbushes, beroof het.

Speurders van die Mountweg-polisiekantoor is op die spoor van die rowers. Hulle word gesoek in verband met klagte van moord, kaping en sakeroof.

Voordat Erasmus Vrydag daar aangekom het, het ’n 21-jarige persoon in die winkel by die toonbank gestaan toe die ses mans in die winkel kom.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die mans was gewapen en het geld en goedere by die persoon geëis.

Iemand het die paniekknoppie gedruk en Erasmus het daarop gereageer en na die winkel gegaan.

Hy en een van die rowers, wat naaste aan die deur was, het gestoei en Erasmus het drie skote op hulle geskiet. Een van die mans is raakgeskiet.

Toe hulle terugskiet, is Erasmus noodlottig gewond.

’n 50-jarige klant wat in die winkel was, is van sy selfoon, beursie, en sy Nissan-bakkie beroof.

“Die bakkie, en die verdagtes se rooi Ford XR3, is sowat 3 km van die winkel af verlate gevind. Die beursie en van die geld wat aan die klant behoort, is ook daar naby gevind.

“Die Ford XR3 is in Desember in Kwadwesi as gesteel aangemeld. Die polisie vermoed die rowers het ook ’n silwergrys Volkswagen Polo gebruik,” sê Naidu.

Die polisie vermoed ook die verdagte wat Erasmus raakgeskiet het, is ernstig gewond, want daar was baie bloed in die bakkie.

Mense in die gemeenskap word versoek om die polisie te kontak as hulle enige inligting het. Hospitale en mediese sentrums word gevra om die polisie te bel as iemand met ’n skietwond hulp kom soek.

Die mans wat betrokke was, is almal in hul dertigs en een van hulle het ’n litteken aan die linkerkant van sy gesig.

Nitrous Security het op sy Facebook-blad gesê daar het nie ’n dag verbygegaan dat Erasmus nie 100% gegee het nie.

“Jou lojaliteit en harde werk het nie ongesiens verby gegaan nie,” lui dié inskrywing.

Enigeen met meer inligting word versoek om kol. Paul Orange by 082 779 7247, of die Kabega Park-polisiekantoor by 041 397 6802 te bel.

Die polisie se Stop Misdaadnommers is 08 600 10111 en 10111. Alle inligting word vertroulik hanteer.

Meer oor:  Rowers  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.