Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag, makker vas ná rooftogte op N1

’n Veiligheidswag en ’n makker is Maandag in verband met gewapende rooftogte op die N1 buite Mokopane in Limpopo in hegtenis geneem.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê beslag is gelê op ysterpenne wat in die twee mans se besit gevind is.

Hulle het dit vermoedelik op die N1 en die R101 buite Mokopane gebruik om voertuie se bande te beskadig.

Die polisie het Maandag twee mans in hegtenis geneem wat glo motoriste op die N1 in Limpopo beroof het. Foto: SAPD

Sodra die motoriste stilgehou het om die skade aan hul voertuie te ondersoek, het die rowers op hulle toegesak en hulle beroof.

Die polisie het saam met die Heritage Protection Group en veiligheidsgroepe in die omgewing gewerk om die twee mans in hegtenis te neem.

Mojapelo sê beslag is ook gelê op ’n vuurwapen en ammunisie wat in hul besit was. Hulle het ook gereedskap gehad waarmee die draadheining langs die R101 glo geknip is.

‘n Vuurwapen en ammunisie wat gekry is by die twee mans wat in verband met die rooftogte op die N1 vasgetrek is. Foto: SAPD

Die polisie het die publiek verlede maand gewaarsku om waaksaam te wees wanneer hulle in die nag of in vroeë oggendure op die N1 en R101 buite Mokopane ry.

Verskeie voorvalle van roof, waarin bendes gewapende mans motoriste beroof, is by die polisie aangemeld.

In een van die rooftogte is ’n vrou met ’n pistool oor die kop geslaan toe die gewapende mans op haar en haar man toegeslaan het.

Die polisie het Maandag in Mokopane twee mans in hegtenis geneem wat glo by gewapende rooftogte op die N1 buite die dorp betrokke was. Foto: SAPD

Die mense se selfone, skootrekenaars en selfs klere wat in ’n tas was, is gesteel.

Van die ysterpenne wat glo op die N1 buite Mokopane in Limpopo gebruik is om voertuie te beskadig. Foto: SAPD

Mojapelo sê een van die mans wat Maandag in hegtenis geneem is, is onwettig in die land.

Dié man en die wag sal eersdaags in die landdroshof op Mokopane op aanklagte van gewapende roof en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn.

Mojapelo sê die polisie soek nog verdagtes.

Meer oor:  Mokopane  |  Ysterpenne  |  Makker  |  Rooftogte  |  Veiligheidswag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.