Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Wag in Kaapstad met petrolbom gegooi

’n Veiligheidswag is beseer toe die voertuig waarin sy geskuil het Sondag by die Coastal Park-stortingsterrein met ’n petrolbom bestook is.

Luidens die Kaapstad-metro was dit vermoedelik ’n wraakaanval nadat die stad vroeër die dag teen grondbesetters in die Valsbaai-natuurreservaat opgetree het.

’n Groep mense het ’n voertuig van die metro met ’n petrolbom gegooi. ’n Tweede voertuig, waarin die vroulike veiligheidswag geskuil het, is ook met ’n petrolbom gegooi.

Baie grondbesettings in die Wes-Kaap is in natuurreservate. Foto: Facebook

Malusi Booi, burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, sê gemeenskappe en gemeenskapsleiers moet dié gewelddadigheid in reaksie op wetstoepassing veroordeel.

“Die stad sal aanhou om teen grondbesetters op te tree.

“Die grond wat meestal beset word, is nie geskik vir behuising nie. Dit is grond in reservate, of wat maklik oorstroom of waar munisipale dienste nie gelewer kan word nie.”

Hy sê sodra die grond beset is, begin die mense egter eis dat dienste gelewer word.

Booi sê dit skep verdere probleme omdat die grond wat beset word dikwels vir behuising, gemeenskapsdienste of uitbreidings geoormerk is.

“Dit is belangrik dat ontwikkelings op ’n beplande manier plaasvind, aangesien dit in die belang van inwoners is.”

Die grond wat meestal beset word, is nie geskik vir behuising nie. Dit is grond in reservate, of wat maklik oorstroom of waar munisipale dienste nie gelewer kan word nie.

Booi sê Kaapstad het sedert die inperkings begin het ’n ongekende toename in grondbesettings beleef en dat misdadigers agter die besettings is.

Dié misdadigers is volgens hom “plakker-boere” en maak geld deur grond onwettig te verkoop.

Volgens hom het nagenoeg 54 nuwe nedersettings weens besettings ontstaan en dit sal die stad R300 miljoen kos om, waar moontlik, dienste aan die nedersettings te lewer.

Inwoners kan anoniem wenke gee indien hulle bewus is van besettings deur 112 van hul selfoon te bel of deur 021 480 7700 te skakel.

Meer oor:  Malusi Booi  |  Kaapstad  |  Petrolbom  |  Veiligheidswag  |  Wraakaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.