Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheidswag kritiek ná man op bakkie losbrand

Twee veiligheidswagte van Port Elizabeth het Woensdagoggend ternouernood aan die dood ontkom toe ’n aanvaller op kort afstand op hulle losgebrand het.

’n Speurder Woensdagoggend besig om die Isuzu-bakkie se bakwerk te fynkam vir leidrade in ’n poging om die man op te spoor wat op twee veiligheidswagte in die bakkie losgebrand het.

Die aanvaller het nie die veiligheidswagte probeer beroof nie en het gevlug kort nadat hy op hulle geskiet het.

Die skietery het Woensdag om 04:50 in Rossweg, New Brighton, gebeur.

Volgens die polisie het die veiligheidswagte in ’n ongemerkte Isuzu-bakkie gery om ’n derde veiligheidswag by sy huis op te laai.

“Kort nadat hulle stilgehou het om die derde wag op te laai, het ’n gewapende man op die bakkie se passasierskant afgepyl en op die wagte in die voertuig losgebrand,” sê kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder.

Die man het verskeie skote deur die bakkie se venster afgevuur en toe in ’n motor weggejaag.

Beetge sê die 39-jarige veiligheidswag wat aan die bestuurderskant gesit het, is in sy linkerbors geskiet en is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Die 35-jarige veiligheidswag wat aan die passasierskant gesit het, is in sy linkerbeen geskiet. Hy is in ’n stabiele toestand in die hospitaal.

Volgens Beetge was die derde veiligheidswag ten tyde van die skietery nog in sy huis en het kort ná die voorval die polisie ontbied terwyl hy sy gewonde kollegas probeer help het.

’n Gat in die passasiersdeur van die bakkie is sigbaar waar een van die koeëls Woensdagoggend deur is.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, sê Beetge.

Genl.maj. Dawie Rabie, bevelvoerder van die Motherwell-polisiegebied, het Woensdag sy kommer oor dié aanval uitgespreek. Hy sê dit is uiters belangrik om die aanvaller en vuurwapen te kry om veiliger strate vir die gemeenskap te verseker.

“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die identifisering van die verdagte en om ongelisensieerde wapens aan die polisie uit te wys.

“Vandag is dit veiligheidswagte, môre is gemeenskapslede in die visier,” sê Rabie.

Enigeen met inligting kan kapt. Frank van der Berg by 082 394 5957 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.