Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheidswag kritiek ná skietery deur rowers

’n Jong veiligheidswag van Pretoria veg om sy lewe nadat hy Donderdagoggend tydens ’n jaagtog agter rowers aan, geskiet is.

Ancelize van der Kooi van Kilnerpark Sekuriteit sê ’n winkel van een van hul kliënte is die oggend beroof.

Die toneel waar ’n jong veiligheidswag tydens ’n jaagtog deur rowers geskiet is. Foto: Verskaf

“Ons reaksiebeamptes het na die toneel gejaag. Volgens ons voorlopige inligting het hulle hier ses verdagtes in ’n wit Toyota Quantum-minibus sien wegjaag.

“Twee van ons voertuie het hulle agternagesit,” sê sy.

Die beamptes was die heeltyd in kontak met hul kantoor en die polisie.

Die rowers het in Soutpansbergweg gedraai en waar hulle spoed moes verminder om die Gordonweg-afrit te neem, op die twee veiligheidsvoertuie begin skiet.

“Die een voertuig se regtervoorwiel is getref, en die voertuig moes stop. Die tweede voertuig het die agtervolging voortgesit,” sê Van der Kooi.

Die Quantum se insittendes het aangehou skiet en toe die voertuig in Stanza Bopape-straat (voorheen Kerkstraat) draai, het ’n koeël die bestuurder van die ander reaksievoertuig getref.

“Ons lid, hy is in sy laat 20’s en getroud, het baie gebloei en was kritiek toe hy per helikopter hospitaal toe gevlieg is. Ons wag om te hoor hoe dit gaan,” sê Van der Kooi.

* Die rowers het weggekom. Kapt. Coba Brits, polisiewoordvoerder, het die skietery bevestig en gesê hulle ondersoek nog die toneel.

Meer oor:  Pretoria  |  Skietery  |  Kritieke Toestand  |  Misdaad  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.