Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheidswag se dood lei tot onrus in Hillbrow

Vyf mense is in hegtenis geneem omdat hulle glo onwettig byeengekom het en een vir die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar.

Dit volg na aanleiding van onrus Woensdag in Hillbrow toe ’n veiligheidswag die vorige nag doodgeskiet is.

In verskeie video’s wat op sosiale media gedeel word, kan ’n groep mans gesien word wat deur die strate van Johannesburg se middestad loop en sing terwyl hulle stokke en plastiekstoele saamdra. In ’n ander video jaag die polisie die groep uitmekaar.

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê sowat 70 mense het bymekaar gekom op ’n plek waar die familie van die veiligheidswag ’n kulturele ritueel uitgevoer het.

“Die polisie is in kennis gestel oor die byeenkoms en willekeurige skote wat afgevuur word en het met hul aankoms die groep uiteen gejaag,” sê Peters.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

In nog ’n video op sosiale media kan die voorval gesien word waartydens die veiligheidswag doodgeskiet word.

Peters het Donderdag gerugte van spanning tussen Zoeloes en buitelanders ontken. Sy het ’n stemopname van geweld tussen die groepe, wat die rondte doen, as vals afgemaak.

Volgens Peters word die situasie in Hillbrow deur die polisie gemonitor.

Meer oor:  Hillbrow  |  Dood  |  Onrus  |  Veiligheidswag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.