Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Veiligheidswag skiet glo kollega by kliniek

’n Vrou wat as ’n veiligheidswag by ’n kliniek in Letsitele buite Tzaneen werk, is in hegtenis geneem nadat sy glo haar kollega vroeg Donderdagoggend geskiet het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die 49-jarige vrou is by haar kêrel se huis in hegtenis geneem.

Sy het haar kollega glo etlike kere geskiet.

Hulle was aan diens by die Shihoko-kliniek in Letsitele toe die skietery omstreeks 02:45 gebeur.

Mojapelo sê dit is nog onduidelik wat tot die skietery gelei het.

Die vrou het die pistool wat die veiligheidsmaatskappy aan haar uitgereik het, glo in die skietery gebruik.

Mense in die omgewing het die skote gehoor en die polisie ontbied.

“Die man wat geskiet is, is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal,” sê Mojapelo.

Die vrou was steeds in uniform toe sy in hegtenis geneem is. Sy sal Vrydag in die landdroshof in Ritavi op ’n aanklag van poging tot moord verskyn.

Meer oor:  Kliniek  |  Tzaneen  |  Veiligheidswag  |  Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.