Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verbrande lyke naby Muizenberg glo dié van rowers

Inwoners van Hillview naby Muizenberg in Kaapstad het gesê die drie uitgebrande lyke wat Sondagaand in dié woonbuurt gekry is, is diewe wat inwoners amper daagliks beroof en geteister het.

’n Sterk polisieteenwoordigheid word in die gebied gehandhaaf nadat die drie lyke gekry is. Inwoners was sku om te praat, maar het erken dat die drie glo deel was van ’n roofbende wat die inwoners geteiken het.

“Dit was nie ’n voorval van rassehaat of xenofobie nie. Die mans het mense daagliks aangeval en ’n boendoehof het met hulle afgereken,” het een man gesê.

Keelvol van misdaad

“Mense was keelvol om slagoffers van misdaad te wees,” het ’n inwoner gesê.

Ander het gesê mense van die gebied kon hulself nie eers in vrede in die bosse gaan verlig nie, dan word hulle beroof en aangerand.

Brig. Novela Potelwa, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê wat gebeur het, is wreed, maar die mense was siek en sat daarvoor dat die misdadigers met hul besittings wegkom.

“Die polisie het Sondagaand ’n groep gemonitor wat bymekaargekom het nadat nuus oor die moorde bekend geword het,” het Potelwa gesê.

Situasie erg gespanne

Volgens hom is geen voorvalle van geweld oornag aangemeld nie, maar die polisie handhaaf steeds ’n hoë sigbaarheid in die gebied.

Die situasie was Maandag steeds erg gespanne.

“Die openbare-orde-polisie, ondersteun deur lede van die Muizenberg-polisiekantoor, lede van naburige polisiekantore en wetstoepassers van die Kaapstad-metro, hou ’n waaksame oog oor die gebied.”

Volgens Potelwa is die “erg verminkte” lyke nog nie geïdentifiseer nie.

Jermaine Carelse, woordvoerder van Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste, het bevestig dat die brandweer Sondagaand na die toneel ontbied is, maar het verdere navrae na die polisie verwys.

Die polisie versoek dat enigiemand met inligting die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 skakel.

Meer oor:  Muizenberg  |  Diewe  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.