Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verbruikers dok op vir vandalisme

Verbruikers gaan uiteindelik opdok vir uitgebrande vragmotors, maar dit kan selfs op kort termyn binnelandse handel ontwrig en tot leë winkelrakke voor Kersfees lei, sê die ekonoom Mike Schüssler.

Geweld teen vragmotorbestuurders het die afgelope paar weke ook weer opgevlam.

Sasria, die staatsonderneming wat versekering teen onrus bied, het volgens sy besturende direkteur, Cedric Masondo, die afgelope 12 maande meer as R100 miljoen uitbetaal weens skade wat met die brand van vragmotors verband hou. Sasria is tans besig met ondersoeke om die skade van die afgelope tyd se aanvalle te bepaal.

Die onderneming het in die 2019-boekjaar gerapporteer dat 40 langafstandvragmotors in die voorafgaande vier jaar net in KwaZulu-Natal vernietig is.

Impak op landbou bekommer Agri SA.

Sasria moes verlede jaar die premies vir die vragmotors én hul vrag verhoog.

Volgens Schüssler het die padvragbedryf pas begin herstel ná die Covid-19-inperking, maar dit is in die weegskaal, want al hoe meer vervoermaatskappye sluit hul deure weens die onrus.

Schüssler sê as ’n mens twee primêre uitvoerspoorroetes buite rekening laat, word meer as 90% van die land se algemene vrag per pad vervoer. Ontwrigting van die padvragbedryf raak alle sektore, soos landbou, kleinhandel en konstruksie.

Rapport het onlangs berig dat Bogdans Transport sy deure gesluit het ná gewelddadige arbeidsonrus. Dit is nou al twee maande en die maatskappy se 200 vragmotors staan steeds.

Sowat die helfte van die land se algemene vrag word op die N3-roete van Durban na die Noorde vervoer, sê Schüssler. Dit is een van die roetes wat spesifiek geteiken word.

Schüssler sê dis tans onmoontlik om die impak van die geweld op die ekonomie te kwantifiseer, maar op die ou end gaan dié koste na die verbruiker afgewentel word.

Volgens die Ctrack-vervoerindeks was die padvervoerbedryf in September 7,3% minder aktief as in September verlede jaar, wat volgens Schüssler ook ’n swak maand was.

Agri SA het sy kommer uitgespreek oor die ontwrigtende uitwerking wat aanvalle op die padvragbedryf op landbou kan hê.

Volgens Uys van der Westhuijzen, Agri SA se woordvoerder oor landelike veiligheid, het van die vragmotors wat onlangs uitgebrand het graan, kunsmis en aartappels vervoer.

Van der Westhuijzen sê kragtens wet kan iemand wat nasionale infrastruktuur beskadig, minstens 15 jaar tronkstraf kry, maar die eienaar van die infrastruktuur moet die klag indien. Hy doen ’n beroep op organisasies soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) om dit te doen, waar toepaslik.

Meer oor:  Mike Schüssler  |  Sasria  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.