Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verbygangers betrap seun (14) wat glo kind verkrag

Die polisie in Bethlehem in die Oos-Vrystaat wag vir ’n verslag van die departement van maatskaplike ontwikkeling om te bepaal wat volgende met ’n tienerseun gaan gebeur wat na bewering ’n vierjarige meisie verkrag het.

Die 14-jarige seun is Sondagmiddag aangekeer nadat hy na bewering ’n vierjarige meisie in ’n oop stuk veld in Panorama, Bethlehem, verkrag het.

Kapt. Zweli Mohobeleli, polisiewoordvoerder, sê die seun en die vierjarige meisie woon in dieselfde straat in Panorama. Dit is egter steeds onbekend hoe hy die meisie van haar huis af weggelok het.

Volgens Mohobeleli het twee mans wat deur die veld naby die Mediclinic Bethlehem gestap het op die verkragting afgekom.

Hulle het dadelik die polisie gebel waarna die seun aangekeer is. Die meisie is na ’n hospitaal geneem waar daar bevestig is dat sy verkrag is.

Die seun is later in die sorg van sy ouers vrygelaat omdat hy ’n minderjarige is.

’n Saak van verkragting word deur die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (GKS) ondersoek.

Brig. Nkaise Molefe, bevelvoerder van die Bethlehem-polisiëringsgebied, het ouers gewaarsku om nie hul kinders alleen of in die sorg van ander minderjariges te laat nie.

“Jy moet ten alle tye weet waar jou kinders is, en belangriker, saam wie jou kinders gelos word.”

Meer oor:  Bethlehem  |  Seun  |  Verbygangers  |  Verkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.