Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte byt konstabel toe hy hom wil vastrek

’n Verdagte was die afgelope Dinsdag ’n handvol vir ’n Krugersdorpse konstabel toe hy die konstabel aan die vinger gebyt het dat die bloed spat.

Die konstabel, van die Kagiso-polisiekantoor, is Dinsdag na Tshepisong ontbied om ’n saak van huishoudelike geweld te ondersoek.

Kapt. Solomon Sibiya, woordvoerder van die Kagiso-polisiekantoor, sê die verdagte was oproerig toe die polisie daar aankom.

“ ’n Vrou het gesê hy het haar geslaan. Die polisielede het met die verdagte probeer praat toe hy die konstabel beledig en handgemeen raak,” sê Sibiya.

Toe die konstabel die verdagte in hegtenis wou neem, het dié hom aan sy ringvinger gebyt. Gemeenskapslede het die konstabel te hulp gesnel.

“Hulle het die verdagte oorrompel en vasgehou sodat die konstabel hom kon boei,” sê Sibiya.

Die polisielid se vinger het erg gebloei en hy is hospitaal toe geneem.

Die verdagte het reeds in die hof verskyn op ’n aanklag van aanranding van ’n polisielid. Sibiya kon egter nie sy naam aan die media verskaf nie.

Meer oor:  Verdagte  |  Konstabel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.