Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte in arres ná kruisvuur Kaapse meisie (6) eis
Gaylin Cupido (6) wat Saterdag in ’n bendeskietery noodlottig gewond is. Foto: Verskaf

’n 24-jarige verdagte is in hegtenis geneem in verband met die bendeskietery Saterdag in Kraaifontein wat die lewe van ’n sesjarige meisie geëis het.

Gaylin Cupido is omstreeks 19:30 in Rusticanastraat in Scottsdene in bendekruisvuur noodlottig gewond.

Sy was buite saam met familielede toe sy in die bors geskiet is. Hulle het haar tevergeefs na die Kraaifontein-daghospitaal gehaas.

Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê lede van die blitspatrollie, wat deur die Kraaifontein-polisie bystaan is, het die verdagte Sondag omstreeks 13:30 in hegtenis geneem.

Rwexana sê die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

Albert Fritz, LUR van gemeenskapsveiligheid, het die skietvoorval skerp veroordeel. Hy sê die inwoners van die gebied het Sondag ná die voorval betoog.

“My medelye gaan uit na die Cupido-familie in hierdie moeilike tyd. Dit is ’n geweldige verlies. Geen ouer moet hul kind begrawe nie,” het hy gesê.

Meer oor:  Skietvoorval  |  Inhegtenisneming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.