Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte in kind se ontvoering, moord vra borgtog

’n 19-jarige man wat daarvan verdink word dat hy ’n 15 maande oue meisie vroeg in Februarie in die Klerksdorp-omgewing in Noordwes ontvoer en vermoor het, doen Woensdag aansoek om borgtog.

Klein Mpho Kgoroyadira is glo ook verkrag.

Verdagtes in seksuele misdrywe mag ingevolge wetgewing eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het en daarom word die man se naam weerhou.

Die polisie het die man verlede Donderdag in hegtenis geneem, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, gesê.

“Hy is nie verwant of goed bekend aan Mpho se familie nie,” het Myburgh Maandag gesê. “Hulle is baie dankbaar dat iemand eindelik vir haar moord vasgetrek is.”

Die vermoorde Mpho Kgoroyadira.

Die verdagte het blykbaar kort ná die meisie se verdwyning uit die Jouberton-township die omgewing verlaat.

“Hy het later sekere uitlatings teenoor mense gemaak wat hom geïmpliseer het in Mpho se ontvoering en moord,” sê Myburgh.

“Hulle het dit by die polisie aangemeld, waarna die verdagte in hegtenis geneem is. Hy het reeds op 13 Maart die eerste keer in die landdroshof in Klerksdorp op aanklagte van ontvoering, verkragting en moord verskyn.”

Volgens Myburgh is dit nog ’n raaisel wat die motief vir die ontvoering en moord is. Mpho is op 1 Februarie tydens ’n inbraak ontvoer.

“Volgens haar ma (22) het sy en Mpho in haar kêrel se huis in Jouberton gelê en slaap, toe sy wakker word en ’n onbekende man in die kamer sien,” sê Myburgh.

Die man het glo vir Mpho gegryp en weggehardloop. ’n Selfoon van die ma se vriend is na bewering tydens die voorval gesteel.

Sowat 50 gemeenskapslede wat na die kind help soek het, het omtrent twee weke later op haar lyk in ’n oop erf naby die plek waar sy ontvoer is, afgekom. Haar lyk is onder ’n klip versteek en het reeds begin ontbind. Die meisietjie se familie het haar kort daarna uitgeken.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het die gemeenskap van Jouberton bedank vir hul ondersteuning en hulp in die soektog na Mpho, asook die polisie vir hul volgehoue werk om die verdagte vas te trek. Hy het die gebeure skerp veroordeel en dit as ’n “sinnelose moord” beskryf.

Meer oor:  Mpho Kgoroyadira  |  Klerksdorp  |  Vermoor  |  Ontvoer  |  Borgtogaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.