Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte kruip vergeefs in boom weg

Een van vier gewapende rowers het Woensdag in ’n boom probeer wegkruip en die ander is in die voet geskiet toe die lang arm van die gereg hulle inhaal.

Polisiebeamptes van die Wentworth-polisiekantoor, die Durbanse blitspatrollie en die Umlazi-honde-eenheid het Woensdag kragte saamgespan om die rowerbende wat werknemers by ’n sakeperseel aangehou en beroof het, vas te trek.

Die ongelisensieerde vuurwapen en gesteelde selfone wat in die een verdagte se besit gevind is.Foto: SAPD

Lt.kol Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die groep gewapende rowers het omstreeks 10:30 op ’n onderneming in Brooklynstraat, Wentworth, toegeslaan.

Hulle het die onderneming se werknemers met vuurwapens gedreig voordat hulle selfone en ’n onbekende bedrag kontant uit die kasregisters gebuit het.

Die verdagtes het reeds gevlug toe die polisie op die toneel kom, maar al vier is kort daarna vasgetrek.

Zwane sê die polisie het die eerste verdagte aangekeer by ’n woonstelblok in Alabamastraat waar hy probeer skuil het. Hulle het ’n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie, ’n okapimes en twee selfone in ’n sak in sy besit gevind.

Die tweede verdagte het in ’n boom in Constantiastraat probeer wegkruip, maar is ook opgespoor en in hegtenis geneem.

Die derde verdagte is in die voet geskiet toe hy ’n polisieman met ’n mes probeer aanval; en verdagte nommer vier is by ’n plaaslike vulstasie in hegtenis geneem.

Die polisie reageer met ’n magsvertoon op Woensdag se sakeroof in Wentworth. Foto: SAPD

Volgens Zwane is die verdagtes tussen die ouderdomme van 22 en 35 jaar. Klagte van sakeroof, poging tot moord en die besit van gesteelde goedere, ’n gevaarlike wapen en ’n ongelisensieerde vuurwapen is by die Wentworth-polisiekantoor teen hulle aanhangig gemaak.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Zwane sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat die viertal ook aan ander rooftogte in Durban en die omliggende gebied gekoppel kan word.

“Die polisie in KwaZulu-Natal is daartoe verbind om die misdadige elemente wat ons burgers en besighede terroriseer met wortel en tak uit te roei,” sê genl.maj. Bheki Langa, KwaZulu-Natal se waarnemende polisiekommissaris.

Meer oor:  Durban  |  Boom  |  Verdagtes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.