Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte ontsnap toe gemeenskap polisie met klippe bestook

Polisielede is Sondag in Kensington, Kaapstad, aangeval toe hulle probeer het om ’n vermeende bendelid aan te keer.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die polisie wou ’n man wat welbekend aan hulle is en oop en bloot met ’n vuurwapen in Matroosplein in Kensington geloop het, in hegtenis neem.

Die man het egter om hulp begin skree.

“Sowat 30 lede van die gemeenskap het uit hul huise gekom en gedreig om polisielede te skiet as die verdagte nie vrygelaat word nie. Die polisie en voertuie is met klippe bestook en dit het veroorsaak dat die gewapende man ontsnap het,” het Van Wyk gesê.

Die vuurwapen wat op die toneel gekonfiskeer is, is later verbind met ’n strafregtelike saak in Kimberley.

“Voorvalle van geweldsmisdaad in dié gebied, sowel as aanvalle op die polisie word ’n alledaagse verskynsel. Dit is ’n groot bron van kommer vir die polisiebestuur. Die publiek word daaraan herinner om die reg te respekteer,” het Van Wyk gesê.

Geen skote is afgevuur en niemand anders is in hegtenis geneem nie.

Agt mense is in hegtenis geneem nadat hulle Donderdag geld in Constantia, Kaapstad, geroof het.

Polisielede het ’n wenk ontvang oor voertuie wat in die rooftog gebruik is.

“Die voertuie is Vrydag in Houtbaai voorgekeer. Agt mans, van 25 tot 32 jaar oud, is in hegtenis geneem. Twee nagemaakte vuurwapens is gekonfiskeer. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Wynberg verskyn,” het Van Wyk gesê.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kensington  |  Ontsnapping  |  Polisie  |  Bendegeweld  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.