Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte se ‘bagasie’ toe 32 kg dagga
’n Verdagte 33-jarige man is Saterdagaand in Upington se middedorp in hegtenis geneem nadat hy met sowat 32 kg dagga in sy bagasie, waarmee hy rondgeloop het, betrap is. Foto: Verskaf
Die polisie in Kimberley het ’n 58-jarige man vir die besit van die khat-dwelm in hegtenis geneem nadat hulle ’n taxi afgetrek en die dwelms in die voertuig gevind het. Foto: Verskaf

’n Verdagte man wat Saterdagaand in die strate van Upington rondgedwaal het, is met sowat 32 kg dagga in sy bagasie betrap.

Volgens brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, was sers. Horace Burden van die K9-eenheid dié aand op patrollie toe hy die 33-jarige man in die middedorp sien ronddwaal.

“Die man het verdag voorgekom waar hy met sy bagasie deur die dorp se strate gestap het,” sê Ramatseba.

Burden het die man genader en hom ondervra, waarna hy besluit het om sy bagasie te deursoek.

Die dagga was in die bagasie versteek en die man is op die plek in hegtenis geneem.

Ramatseba sê die waarde van die dagga beloop sowat R227 340.

Die man sal binnekort in die hof in Upington op ’n aanklag van die besit van en handel in dagga verskyn.

In ’n onverwante voorval het lede van Kimberley se reaksie-eenheid, die K9-eenheid en die eenheid vir openbare orde ’n taxi wat van Johannesburg na die Kaap onderweg was, Maandag omstreeks 01:45 op die N12 voorgekeer.

Ramatseba sê die lede het die voertuig, wat verdag voorgekom het en hulle probeer ontduik het, gevolg.

“Die voertuig is uiteindelik gestop en deurgesoek. Die lede het op 228 bondels van die khat-dwelm in die voertuig afgekom.”

Die waarde hiervan beloop sowat R7 000.

’n Man (58) is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Kimberley op ’n aanklag van die besit van dwelms verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.