Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte vas 3 j. ná moord op boer by Maclear

Bykans drie jaar ná die moord op ’n 74-jarige boer van Maclear in die Oos-Kaap het die Valke ’n deurbraak gemaak deur hul eerste verdagte vas te trek.

Die egpaar Veron (71) en Louis van den Berg (76) is in Oktober 2016 deur vyf mans op hul plaas, Rustig, buite Maclear in die Oos-Kaap aangeval. Louis het aan sy wonde beswyk, terwyl Veron die aanval oorleef het.

Cebo Andile Mgabashe (21) verskyn Donderdag vir die tweede keer in die hof nadat hy verlede week weens die moord op Louis van den Berg en poging tot moord op sy vrou, Veron (destyds 71), aangekeer is.

Die Van den Berg-egpaar is op 26 Oktober 2016 deur ’n groep van sowat vyf mans op hul plaas, Rustig, sowat 8 km buite Maclear, aangeval.

Die groep aanvallers het by die plaas opgedaag en hulle as beeskopers aan ’n plaaswerker voorgedoen. Die groep is na die slagoffer verwys, wat hulle by die plaashuis se hek ontmoet het.

Hier is Van den Berg herhaaldelik met stomp voorwerpe geslaan en met messe gesteek. Hy op die toneel dood.

Die vyf mans het hierna toegang tot die plaashuis verkry. Veron is ook aangerand en met messe gesteek, maar het die aanval oorleef.

Die aanvallers het ’n vuurwapen, ’n onbekende bedrag geld en selfone gebuit voordat hulle weggehardloop het.

Ná ’n soektog van meer as twee jaar het die Valke Mgabashe verlede Woensdag in Qumbu, sowat 80 km oos van Maclear, met die aanval verbind.

Die aanvallers het ’n vuurwapen, ’n onbekende bedrag geld en selfone gebuit voordat hulle weggehardloop het.

Kapt. Anelisa Feni, Valke-woordvoerder, sê hy het reeds verlede week vir die eerste keer in die landdroshof op Maclear verskyn. Hy word aangekla van moord, poging tot moord en roof.

Volgens Feni duur die soektog na die ander vier verdagtes voort.

Peter Cloete, distriksverteenwoordiger van Agri Oos-Kaap, het die deurbraak verwelkom en sê dit is ’n stap in die regte rigting om die res van die betrokke verdagtes vas te trek.

Meer oor:  Moord  |  Boer  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.