Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte vas ná brand op Kaapse stasie

’n Verdagte is Maandag in hegtenis geneem weens die brand wat verskeie treinwaens Sondag in Kaapstad beskadig het.

Kringtelevisiemateriaal is gebruik om die verdagte te identifiseer, het lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, gesê. Die polisie het die 30-jarige man van Khayelitsha aangehou nadat Prasa-amptenare hom aangekeer het. Die inhegtenisneming kom ’n dag nadat 12 treinwaens in die brand op die Kaapstadse stasie beskadig is. Die verdagte sal na verwagting binnekort in die Kaapse landdroshof verskyn.

Volgens Traut kan nog mense moontlik in hegtenis geneem word. Die koste om die waens te herstel wat in die brand beskadig is, kan sowat R33 miljoen beloop.

Meer oor:  Prasa  |  Brandstigting  |  Treinstasie  |  Verdagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.