Die familie van ’n sakeman wat in 2017 in Roodepoort koelbloedig doodgeskiet is, moes meer as drie jaar wag voordat iemand weens die moord in hegtenis geneem is.

Viviette en Duncan du Plessis. Foto: Facebook
Facebook
Duncan du Plessis was die eienaar van die Blue Bottle-drankwinkel in Wilropark, Roodepoort. In September 2017 het vyf rowers in blou oorpakke op die drankwinkel toegeslaan en hom doodgeskiet in wat as ’n “tereggestelling” beskryf is.
Tydens die rooftog het Sabelo Kanyane en Mandla Masimango, veiligheidswagte van die firma Apcan, toevallig daar stilgehou. Twee rowers het ook op húlle losgebrand. Kanyane is dood en Masimango is verlam.
“Ons wag al drie jaar en vier maande vir die polisie om sy moordenaars vas te trek,” sê Willie du Plessis, Duncan se pa. Hy glo die polisie het die saak verkeerd hanteer.
Viviette du Plessis, Duncan se weduwee, sê sy glo geregtigheid sal uiteindelik vir haar man geskied. “Ons sal nie ophou baklei totdat ons al die antwoorde het nie.”
Willie het destyds ’n privaat speurder aangestel toe die polisieondersoek niks oplewer nie. Dié speurder kon niks uitrig nie.
Maandag het ’n verdagte uiteindelik in die landdroshof in Roodepoort verskyn weens die moord nadat ’n private forensiese ondersoeker aan die Wes-Rand ondersoekwerk gedoen het en ’n polisieman van Nongoma in KwaZulu-Natal hom in hegtenis geneem het.
Die saak word Dinsdag aangehoor.
“Ons wag al vir drie jaar en vier maande vir die polisie om sy moordenaars vas te trek,” sê Willie du Plessis, Duncan se pa.
Willie sê hy glo die polisie het die saak verkeerd hanteer, maar hy kan dit nie bewys nie.
Viviette du Plessis, Duncan se weduwee, sê sy glo dat geregtigheid uiteindelik vir haar man sal geskied.
“Ek kan een woord gebruik oor my frustrasie met die ondersoek, maar dit gaan my in die moeilikheid kry. Ek glo ons sal al die antwoorde kry. Ons sal nie ophou baklei totdat ons al die antwoorde het nie.”
Willie du Plessis het destyds ’n privaatspeurder aangestel toe die polisie-ondersoek niks oplewer nie.
Die privaatspeurder kon niks uitrig nie.
Die afgelope Maandag het ’n verdagte uiteindelik in die landdroshof in Roodepoort verskyn op aanklag van moord nadat ’n polisieman van Nongoma in Zululandhom hom voorverlede week in hegtenis geneem het.
Die polisie het inligting van beriggewers ontvang dat hy daar wegkruip, sê Rapport se bron.
Volgens die bron is die verdagte kort na die voorval met vingerafdrukke op die toneel geïdentifiseer en die polisie het hom verbind met verwante misdade in die Oos- en Wes-Rand.
Die saak teen hom is uitgestel tot 19 Januarie vir verdere ondersoek.
Die polisie het nie op versoeke om kommentaar gereageer nie.