Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte vas nadat 6 van gesin in Oos-Kaap vermoor is

’n Zimbabwiese man wat daarvan verdink word dat hy sy vrou en vyf kinders Dinsdagaand naby Koffiebaai in die Oos-Kaap met ’n byl doodgekap het, is aangekeer.

Die 32-jarige man, wat die polisie nog nie geïdentifiseer het nie omdat hy nog nie in die hof verskyn het nie, het verdwyn nadat die lyke in die gesin se huis in die Dabekweni-nedersetting in Kwaaiman naby Koffiebaai gevind is.

Die man se presiese verwantskap met die kinders is nog nie bekend gemaak nie. Die polisie het inligting ontvang dat hy na bewering in die woonstel van ’n familielid in Ginsberg, King William’s Town wegkruip en hy is Donderdagaand daar in hegtenis geneem. Hy was glo besig om reëlings te tref om na Zimbabwe terug te keer.

Lees ook: Ma, 5 kinders, met byl vermoor

Die polisie sê in 'n verklaring die verdagte moet nog deur speurders ondervra word.

Die grusame vonds van die lyke van die 42-jarige vrou en vyf van haar kinders, wat tussen die ouderdomme van ses maande en tien jaar oud was, is Woensdag deur haar 16-jarige seun gemaak, berig DispatchLive.

Sodra hy aangekla is, sal die verdagte na verwagting Maandag in die landdroshof in Mqanduli op ses aanklagte van moord verskyn.

Meer oor:  Byl  |  Moord  |  Verdagte  |  Aangekeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.