Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte vas wat Amy’Leigh glo gryp
amyleigh
Die stoorkamer in die waterdruktoring waar klein Amy'Leigh de Jager vir sowat 18 ure aangehou is. Foto: Felix Dlangamandla

Die polisie het die vierde verdagte wat by Amy’Leigh de Jager (6) se ontvoering betrek word, vasgetrek.

Netwerk24 kon betroubaar bevestig ’n 24-jarige man is in ’n nedersetting naby Vanderbijlpark in hegtenis geneem.

Amy’Leigh is op die oggend van 2 September voor die Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark ontvoer. Sy is uit haar ma se hand gegryp en in ’n wit Toyota Fortuner ingetrek.

Haar ontvoerders het haar toe na bewering 18 uur lank op die kleinhoewe van Pieter van Zyl (50), een van die beskuldigdes, aangehou. Hulle het ’n losprys van R2 miljoen geëis, maar dit is nooit betaal nie.

Die meisie is 02:00 die Dinsdagoggend in ’n gevaarlike straat in Vanderbijlpark afgelaai, waar sy deur weldoeners gevind en aan haar ouers terugbesorg is.

Die vierde verdagte het volgens getuienis voor die hof op Van Zyl se kleinhoewe gewoon. Hy was glo ook saam met Van Zyl in die Fortuner en het volgens getuienis die grypwerk gedoen.

Netwerk24 het ’n week ná die ontvoering met die vrou van die verdagte gepraat wat beweer het sy het die sesjarige in die tyd wat sy weg was, op Van Zyl se kleinhoewe gesien. Die meisie is glo in ’n vuil stoorkamer in ’n waterdruktoring aangehou.

Tharina Human (27), ’n graad RR-onderwyseres by die Laerskool Kollegepark, en ’n familielid van Van Zyl, Laetitia Nel (40), het reeds in die hof op aanklagte van ontvoering en afpersing verskyn. Hulle het ook aansoek om borgtog gedoen. Uitspraak word voorbehou.

amyleigh
Die kamer waar Amy'Leigh de Jager na bewering aangehou is. Dis binne die waterdruktoring op Pieter van Zyl se kleinhoewe. Foto: Felix Dlangamandla

Meer oor:  Ontvoering  |  Amy'leigh De Jager  |  Vanderbijlpark
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.