Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagte vasgetrek kort ná plaasaanval
Foto ter illustrasie.

’n Aanvaller wat ’n plaaswerker in die Koster-omgewing aangerand en met ’n vuurwapen aangehou het, is Vrydag kort ná die voorval vasgetrek.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê Rustenburg se honde-eenheid, asook polisielede van Koster en Rustenburg, het die man in die omgewing van die Boitekong-township naby Rustenburg gevind.

Hy verskyn na verwagting op 2 Januarie in die landdroshof in Rustenburg op aanklagte van huisroof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Die polisie het nie die plaaswerker se naam bekend gemaak nie.

Dié man is na bewering Vrydag gedwing om die plaashuis oop te maak, waarna die verdagte glo verskeie huishoudelike items gesteel het, onder meer ’n yskas, vleis, vuurwapen en ammunisie.

“Die verdagte het die gesteelde goedere glo in ’n sleepwa gelaai en met die boer se Toyota Land Cruiser gevlug,” het Moleko gesê.

Dis nie duidelik of die boer en sy familie ook op die plaas was ten tyde van die voorval nie.

Nadat die polisie oor die voorval ingelig is, het hulle na die voertuig en verdagte begin soek. Die voertuig is later enkele kilometers buite Rustenburg op die N4-snelweg (naby Boitekong) gesien. Die polisie dit van die pad gedwing en die verdagte in hegtenis geneem.

Lt.genl. Baile Motswenyane, polisiekommissaris in Noordwes, het die polisie geloof vir hul vinnige optrede wat daartoe gelei het dat die goedere teruggevind en die verdagte in hegtenis geneem is.

Meer oor:  Plaasmoord  |  Misdaad  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.