SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Misdaad
Verdagte was glo bekend aan vermoorde Kaapse egpaar

Die bejaarde egpaar van Ottery in Kaapstad wat dood is nadat hulle verwurg is, het een van hul aanvallers geken.

Rugeyah (82) en Riedwaan (85) Addinall saam met ’n onbekende jonger vrou. Foto: Western-Cape Gangwatch

Lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het bevestig twee mans is in hegtenis geneem vir die moorde op die egpaar en dat een van die mans aan Rugeyah (82) en Riedwaan (85) Addinall bekend was.

“Ná ’n omvattende en deeglike ondersoek deur die polisie in Lansdowne is twee verdagtes, onderskeidelik 20 en 29 jaar oud, Donderdagaand by hul huis in Delft in verband met die moorde in hegtenis geneem,” sê Traut.

Familielede van die egpaar het op 6 Januarie op die grutoneel afgekom. Hulle kon nie by die woonstel inkom nie en het ’n selfoon deur die venster gedruk om foto’s te neem van wat binne aangaan. Hulle het ’n slotmaker gebel om die deur oop te sluit.

Die egpaar se bure het Maandag gesê die inbrekers het hul buit in die egpaar se motor gelaai en daarmee probeer wegry, maar kon nie die motor aan die gang kry nie. Hulle het te voet gevlug.

Die bure was tuis toe die moorde plaasgevind het, maar het weens die geraas van ’n grassnyer buite die huis niks gehoor nie.

Die twee verdagtes verskyn volgende Maandag in die landdroshof in Wynberg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.