Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagtes aangekeer wat ivoor smous
Die stukke ivoor waarop die polisie in Polokwane beslag gelê het. Foto: Verskaf/SAPD

Drie verdagtes wat in Polokwane probeer het om stukke ivoor te smous, is op heterdaad betrap en in hegtenis geneem.

Die polisie in Limpopo sê lede van die eenheid vir beskermde spesies, asook ander polisie-eenhede, het die verdagtes Vrydagoggend omstreeks 10:30 by die Savannah-winkelsentrum in Polokwane aangekeer toe hulle probeer het om vier stukke ivoor te verkoop.

Die polisie het ’n lokval vir die verdagtes gestel en hulle in hegtenis geneem vir die besit van stukke ivoor met ’n geraamde waarde van R168 000.

Die verdagtes, van tussen 31 en 36 jaar oud, sal Maandag in die landdroshof in Polokwane verskyn vir die besit van ivoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.