Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagtes blitsig vas ná diefstal van Coke-vragmotor

Vragmotordiewe is buite Thaba Nchu vasgetrek met ’n Coke-vragmotor vol produkte wat hulle glo enkele ure vantevore in Bloemfontein geroof het.

Goeie speurwerk deur polisiebeamptes het daartoe gelei dat die gesteelde vragmotor en twee waens met produkte van sowat R2 miljoen teruggekry is, sê sers. Martin Xuma, ’n polisiewoordvoerder.

Polisielede het dié gesteelde vragmotor met sowat R2 miljoen se produkte teruggekry.

Vier mans, tussen die ouderdomme 35 en 52 jaar oud, is Woensdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

Xuma sê polisiebeamptes wat die N8-hoofweg gepatrolleer het, het omstreeks 03:00 ’n vragmotor wat deur ’n wit BMW X5 begelei is, opgemerk.

Nadat hulle die vragmotor en voertuig voorgekeer het, het hulle met die deursoek daarvan besef dat die vragmotor vroeër dié oggend by ’n depot in Bloemfontein gesteel is.

’n Versendingsbeampte wat by die depot werk, is ook ’n ruk later in hegtenis geneem.

Xuma sê al vyf mans sal na verwagting Donderdag op aanklagte van diefstal in die landdroshof op Thaba Nchu verskyn.

Nog inhegtenisnemings word verwag en die polisieondersoek duur voort, sê Xuma.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, Vrystaatse polisiehoof, het die beamptes geprys vir hul vinnige optrede en goeie werk.

Meer oor:  Thaba Nchu  |  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.