Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagtes gewond wat vrou met speelgeweer wou beroof

Vier verdagtes tussen die ouderdom van 25 en 36 wat Saterdag ’n vrou van Rosebank in Johannesburg probeer beroof het met ’n speelgoedgeweer het ’n duur les geleer.

Vier verdagtes wat glo gebruik gemaak het van ’n speelgoedgeweer om ’n vrou te beroof in Rosebank, Johannesburg, is deur die polisie aangekeer. Drie is ernstig gewond. Foto: Pixabay

Drie van die verdagtes is ernstig gewond in ’n skietgeveg met die polisie.

Kapt. Kay Makhubele sê die vrou, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, is omstreeks 22:00 op die hoek van Oxford- en Griswoldstraat aangeval.

Makhubele sê polisielede was in die gebied besig met ’n patrollie toe hulle sien hoe die verdagtes toeslaan op die vrou.

“Hulle het die vrou se selfoon afgevat en haar uit haar voertuig probeer gryp,” sê Makhubele.

’n Skietgeveg het ontstaan toe die verdagtes nie gehoor aan die polisie se versoek gegee het om te stop nie.

Drie van die verdagtes is gewond en moes na ’n hospitaal geneem word. Die vierde verdagte is ongedeerd en is in aanhouding geplaas totdat hy in die hof kan verskyn.

Tydens die inhegtenisneming het die polisie die vrou se selfoon teruggekry en ook beslag gelê op ’n speelgoedgeweer.

Makhubele sê die polisie ondersoek die saak. Vermoedelik het die verdagtes ’n regte vuurwapen by hul gehad, maar dit is nog soek, sê Makhubele.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Meer oor:  Gewond  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.