Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagtes vas ná 2 motorkapings in die Kaap

Die polisie het vandeesweek verdagtes in twee onverwante voorvalle van motorkaping en poging tot moord in Nyanga, Kaapstad, in hegtenis geneem.

In die eerste voorval is ’n 29-jarige man in die Siyahlala- informele nedersetting in Browns Farm in hegtenis geneem nadat hy in ’n gekaapte voertuig betrap is.

Een van die voertuie wat vandeesweek in Nyanga gekaap is.Foto: Verskaf

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, sê die voertuig is gekaap nadat dit vermoedelik alkohol in die gebied afgelewer het.

Nog drie verdagtes het te voet gevlug en is nog soek.

“Een verdagte het skote op die polisie afgevuur. ’n Klag van poging tot moord word in verband hiermee ondersoek,” sê Malo.

In ’n ander voorval is drie verdagtes in Vakalastraat in Kruispad in hegtenis geneem.

“Die polisie het dié verdagtes tot in Mowbray gejaag nadat hulle na bewering ’n winkel beroof en vroeër ’n voertuig gekaap het,” sê Malo.

Een verdagte is tydens die jaagtog raakgeskiet en onder polisietoesig na ’n hospitaal gebring.

Al die verdagtes sal in onderskeidelik die Athlone- en Wynberg-landdroshof verskyn sodra hulle aangekla is.

Meer oor:  Nyanga  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.