Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verdagtes vas weens vervalste geld in Kaapse buurt
Die polisie in Kaapstad het oor die naweek op vervalste geld beslag gelê. Foto: Verskaf - SAPD
Altesaam 11 verdagtes tussen die ouderdomme van 19 en 24, wat almal met ’n bende in Lotusrivier verbind word, is weens die besit van ’n gesteelde voertuig in hegtenis geneem.Foto: Verskaf

Die polisie in Kaapstad het ’n aantal verdagtes in die Parkwood-gebied in hegtenis geneem in verband met vervalste geld, onwettige vuurwapens en gesteelde goedere.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het gesê dat die polisie oor die naweek ’n huis deurgesoek het en toerusting gevind het wat gebruik word in die vervaardiging van vervalste note.

“Daar is beslag gelê op kopieermasjiene, ’n FNB-kaartmasjien en skootrekenaars. Vervalste R200-, R100- en R50-note wat op die toneel gevind is, is by Grassy Park se polisiekantoor ingehandig,” het Van Wyk gesê.

Twee verdagtes van 28 en 30 jaar oud van Parkwood is in hegtenis geneem op klagte wat verband hou met die vervaardiging van vervalste goedere.

Nuut aangestelde konstabels het twee bendelede in die Parkwood-gebied vasgetrek. Foto: Verskaf

Sondagoggend het polisielede wat op patrollie was in Lotusrivier ’n swart Bantam-bakkie met net een nommerplaat gestop en deurgesoek. Daar is gevind dat die voertuig in Mei in Mitchell’s Plain as gesteel aangemeld is.

Van Wyk sê 11 verdagtes tussen die ouderdomme van 19 en 24, wat almal met ’n bende in Lotusrivier verbind word, is in hegtenis geneem weens die besit van ’n gesteelde voertuig. Twee van die verdagtes word ook gesoek weens uitstaande lasbriewe.

In ’n ander geval was nuut aangestelde konstabels Maandag besig met patrolliewerk in die Parkwood-gebied toe hulle twee verdagte mans opgemerk het. Van Wyk sê die verdagtes is deurgesoek en polisie het op ’n swart Rossi-vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

’n Man van 26 jaar is in hegtenis geneem en sal aangekla word weens die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die tweede verdagte (28) is in hegtenis geneem op ’n klag van die besit van ’n nagemaakte vuurwapen nadat ’n swart plastiekvuurwapen by hom gevind is. Albei verdagtes word met bende-aktiwiteite in Parkwood verbind.

Van Wyk sê die verdagtes sal almal in die Wynberg-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.