Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersbeampte en twee klerke vasgetrek

In ’n poging om die Oos-Kaap van bedrog en korrupsie-aktiwiteite te suiwer, het die polisie Dinsdag in die vroeë oggendure ’n manlike verkeersbeampte en twee administratiewe klerke van die Kirkwood-verkeersdepartement in ’n intelligensie-gedrewe operasie vasgetrek.

In samewerking met die nasionale departement van vervoer het misdaadintelligensie die drie verdagtes, wat tussen 32 en 46 jaar oud is, in Uitenhage in hegtenis geneem.

Volgens die voorlopige ondersoek was die amptenare wat in hegtenis geneem is, betrokke by die onwettige uitreiking van leerling- en rybewyse aan aansoekers.

Die tydperk waarin die beweerde aktiwiteite plaasgevind het, is nog nie bepaal nie. ’n Oudit sal uitgevoer word om die omvang van hierdie beweerde aktiwiteite vas te stel.

Sake van bedrog, vervalsing en korrupsie is aanhangig gemaak en die saak word verder ondersoek. Meer inhegtenisnemings kan dalk volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.