Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersbeampte in sy huis doodgeskiet

’n Verkeersbeampte is Dinsdag in sy huis in Cassandralaan in Vereeniging deur onbekende aanvallers doodgeskiet.

Volgens kapt. Kay Makhubele, Gautengse polisiewoordvoerder, is die motief vir die 49-jarige man se moord onbekend.

“Die man was ’n senior verkeersbeampte in Sedibeng. Sy 43-jarige vrou is ook in die skietery gewond en na die hospitaal gehaas. Die man is egter op die toneel dood.

Die skietvoorval het omstreeks middernag plaasgevind.

“Die polisie in Vereeniging vra die publiek se hulp om met inligting na vore te kom,” sê Makhubele.

Enigiemand met inligting kan die polisie in Vereeniging bel of Stop Misdaad op 08600 10111.

Meer oor:  Vereeniging  |  Doodgeskiet  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.