Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beampte skiet taxibestuurder

Die polisie in Bloemfontein ondersoek ’n klag van moord nadat ’n verkeersbeampte glo Maandagmiddag ’n taxibestuurder uit selfverdediging noodlottig gewond het.

Die voorval het Maandag omstreeks 15:50 op die hoek van St. Georges- en Harveyweg in die Bloemfonteinse middestad gebeur.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die 49-jarige verkeersbeampte wou verkeersregulasies toepas toe ’n stoeiery met ’n 47-jarige taxibestuurder uitgebreek het.

“Gedurende die gestoei het die taxibestuurder glo ’n mes uit die taxi gegryp waarna die verkeersbeampte hom noodlottig geskiet het.”

Mbambo sê die bestuurder is op die toneel dood verklaar.

Die mes is op hom gevind en is gekonfiskeer.

Klagte van poging tot moord en die versuim om verkeersregulasies te eerbiedig is teen die bestuurder geopen.

Hillary Mophete, woordvoerder van die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer, sê die voorval word ondersoek.

Meer oor:  Verkeersbeampte  |  Taxibestuurder  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.