Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Beamptes, motoris op N2 in Kaapstad geskiet

'n Motoris en twee beamptes van die Kaapstadse metropolisie is Maandag in die vroeë oggendure by die Borchards Quarry-wisselaar op die N2 geskiet.

Die beamptes het omstreeks 02:00 gaan ondersoek instel, nadat 'n kamera-operateur wat kringtelevisiekameras op die N2 monitor, gesien het dat klippe op die hoofweg geplaas is, sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sekuriteit en gemeenskapsdienste in die Kaapstad-metro.

"'n Motoris het in die lokval vasgery en moes van die pad aftrek omdat een van sy voertuig se bande gebars het. Toe die motoris stop is skote op hom afgevuur. Toe die metropolisiebeamptes op die toneel aankom en navraag doen is skote op hulle ook afgevuur," sê Smith.

Volgens Smith is die vrouebeampte is in die been geskiet. Haar kollega is twee keer getref, een keer in die regterbeen en een keer naby sy heup.

Albei is 44 jaar oud.

Die verdagte het met een van die beamptes se vuurwapen, 'n tweerigtingradio en persoonlike besittings gevlug.

"Die beamptes is in die hospitaal opgeneem en ons wens hul 'n vinnige herstel toe," sê Smith.

Die toestand van die motoris is nie bekend nie.

'n Beloning van R50 000 is uitgeloof vir enigiemand wat inligting het wat kan lei tot die inhegtenisname van die verdagtes.

Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

Meer oor:  Kaapstad  |  Metropolisie  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.