Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Spietkops ry kapers se planne in die wiele

Vier gewapende rowers wat Maandag ’n voertuig in Kaapstad probeer kaap het, se planne is gefnuik toe verkeersbeamptes hulle op heter daad betrap het.

Maxine Bezuidenhout, verkeerswoordvoerder van Kaapstad, sê die verkeersbeamptes het net ná 09:00 brandstof by ’n vulstasie, op die hoek van Wettonweg en Rosmeadlaan in Kenilworth, ingegooi, toe hulle iemand in die straat hoor gil.

Bezuidenhout sê die beamptes het in die rigting van die gille gehardloop om ondersoek in te stel en vier gewapende rowers betrap besig om ’n BMW-sedan te kaap.

“Die beamptes het hul voertuig se sirene en ligte aangeskakel. Die verdagtes het hulle gesien en in ’n Volkswagen Polo gespring en probeer vlug. Die bestuurder het egter teen ’n ander voertuig vasgery toe hy probeer wegkom het,” sê Bezuidenhout.

Volgens haar het die beamptes daarin geslaag om een van die rowers in hegtenis te neem terwyl die ander drie weggehardloop het.

“Die bestuurder van die Volkswagen Polo het beweer dat hy ’n ook gekaap is, maar ná verdere ondersoek is bevind dat hy as ’n medepligtige van die rowers gewerk het,” sê Bezuidenhout.

Die bestuurder is ook in hegtenis geneem en is nou saam met die ander rower wat vasgetrek is by die Wynberg-polisiekantoor in Kaapstad in aanhouding.

Kapt. FC van Wyk het bevestig ’n 37-jarige verdagte wat kort ná die voorval in ’n ongeluk betrokke was, is op die toneel in hegtenis geneem, terwyl ’n tweede verdagte, ’n 35-jarige man, ook aangekeer is en ’n Norinco-vuurwapen, met ’n reeksnommer wat verwyder is, in sy besit gevind is. Die polisie het op die vuurwapen beslag gelê.

Die vuurwapen waarop beslag gelê is.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Kaping  |  Verkeersbeamptes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.