Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeerslid skiet homself nadat vriendin geskiet is
Sello Maleka (45), 'n verkeersbeampte van Limpopo, is in 'n treurspel dood.

’n Verkeersbeampte van Limpopo het hom Dinsdag vermoedelik self geskiet kort nadat hy sy vriendin doodgeskiet het.

Sello Maleka (45) het by die Bela-Bela-munisipaliteit gewerk.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Maleka het sy 30-jarige vriendin, wie se naam nog nie bekend is nie, met sy dienspistool geskiet.

Maleka was Dinsdag aan diens langs die R101-pad buite Bela-Bela.

Volgens Mojapelo het Maleka in die oggend sy pos verlaat. Sy kollegas het nie geweet waarheen hy is nie.

’n Motoris het ure later langs die pad na Alma in die Waterbergstreek op ’n wit Hyundai-voertuig afgekom. Daar het ’n vrou buite langs die motor gelê.

Mojapelo sê die motoris het aanvanklik gedink dit was ’n motorongeluk en het stilgehou om haar te help.

Sy was egter reeds dood.

Maleka het in die motor gesit, waar hy homself vermoedelik kort tevore doodgeskiet het.

Die motoris het die polisie ontbied.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die voorval betreur en ’n beroep op mense gedoen om hulp te kry vir probleme wat moontlik tot geslagsgeweld kan lei.

• Die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag) se tolvrye noodlyn kan by 0800 567 567 gebel word.

Die motor waarin 'n verkeersbeampte glo eers sy meisie en toe homself doodgeskiet het. Foto: SAPD

Meer oor:  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.