Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersman aangekeer vir Chinese sakeman se moord

Die verkeersbeampte wat ’n Chinese sakeman by Wepener in die Vrystaat voorgekeer het voordat dié man ontvoer en vermoor is, verskyn Maandag in die hof nadat hy ook weens die moord in hegtenis geneem is.

Die verkeersbeampte is ’n paar dae ná die ontvoering en moord van H. Zang (45), wat ’n winkel in Botshabelo buite Bloemfontein besit het, by sy huis op Wepener in hegtenis geneem nadat hy tydens die ondersoek ook met die voorval verbind is.

Hy sal Maandag op aanklagte van moord, ontvoering en motorkaping in die landdroshof op Wepener verskyn.

Hy het na bewering in sy verklaring onder eed gejok oor wat op Sondagmiddag 3 Maart gebeur het toe Zang in sy teenwoordigheid ontvoer sou gewees het en later vermoor is.

Die polisie verwag om binnekort nog mense in hegtenis te neem.

Sers. Yanga Ngcukana, ’n polisiewoordvoerder, sê die verkeersman se verklaring stem nie ooreen met die ondersoek nie. Ooggetuies het hom glo ook met die voorval verbind.

Zang is die dag omstreeks 14:30 sowat 8 km buite Wepener deur die verkeersbeampte afgetrek. Drie mans in ’n swart BMW het kort daarna by hulle stilgehou en hulle met ’n vuurwapen gedreig.

Die mans het Zang se motorsleutel geëis en die verkeersbeampte se dienspistool gevat. Hulle het daarna die sakeman in die kattebak van een van die motors gelaai en met albei motors weggery.

Die verkeersbeampte is nie beseer nie en het die voorval by die Wepener-polisiekantoor aangemeld.

Zang se lyk is kort daarna met ’n enkele skietwond in die kop op ’n grondpad tussen Smithfield en Wepener gevind.

’n Uitgebrande voertuig is naby Hobhouse gevind, maar volgens Ngcukana moet hulle nog bevestig of dit aan Zang behoort het.

Die polisie verwag om binnekort nog mense in hegtenis te neem.

Meer oor:  Vrystaat  |  Wepener  |  Chinese Sakeman  |  Verkeersman  |  Moord  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.