Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersman skiet glo op kinders

’n 42-jarige verkeersbeampte het Vrydag in die landdroshof in Polokwane verskyn op aanklagt van poging tot moord nadat hy na bewering vroeër vandeesweek skote afgevuur het op drie meisies.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê die saak is tot 14 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Borgtog is nie aan die verkeersbeampte toegestaan nie. 

Daar word beweer dat Costa Masoga, wat ’n lid van Polokwane se munisipale verkeerspolisie is, Woensdag skote op die meisies by Greenside in die Westenburg-omgewing afgevuur het. Hy was nie tydens die aanval aan diens nie, sê Ngoepe.

“Daar word beweer die minderjarige meisies, onderskeidelik 13, 15 en 17 jaar oud, het in die straat geloop toe die verdagte hulle beledig het. ’n Woordewisseling het tussen die man en die kinders ontstaan, totdat hy hulle met sy motor agternagesit het,” sê Ngoepe.

Hy sê Masoga het toe verskeie skote in die rigting van die tieners afgevuur en die 17-jarige in die proses gewond.

“Mediese noodpersoneel is dadelik na die toneel ontbied wat tot Masoga se inhegtenisneming gelei het. Sy vuurwapen is ook gekonfiskeer. Die slagoffer is na die hospitaal geneem vir behandeling en later ontslaan.”

Lees meer hier.

Meer oor:  Meisies  |  Kinders  |  Skietvoorval  |  Verkeerspolisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.