Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersman van Kaapstad in sy voertuig doodgeskiet

Geskokte en getraumatiseerde verkeersbeamptes het Dinsdag in Kensington, Kaapstad, bymekaar gekom op die plek waar een van hul kollegas vermoedelik deur ’n taxibestuurder doodgeskiet is.

Intussen het die Wes-Kaapse polisie met ’n uitgebreide soektog begin na die verdagte wat die 49-jarige verkeersbeampte (49) verbonde aan die Kaapstadse verkeerspolisie doodgeskiet het.

Die voorval het in Acreweg, Kensington, gebeur.

’n Polisiewoordvoerder, kol. Andrè Traut, sê die verkeersbeampte het die taxibestuurder vir ’n verkeersoortreding op die hoeke van 5de Laan en Voortrekkerweg in hegtenis geneem.

Die verkeersbeampte is in sy voertuig deur die taxibestuurder oorrompel en is vermoedelik met sy eie dienspistool doodgeskiet.

Die verkeersbeampte was met die taxibestuurder op pad na die Maitland-polisiestasie toe hy vermoor is.

Traut het gesê dat hy die moordenaar op vlug geslaan het en dat hy nog soek is.

“Omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het hy gesê.

Getraumatiseerde kollegas van die 49-jarige verkeersbeampte wat Dinsdagoggend deur vermoedelik ’n taxibestuurder doodgeskiet vertroos mekaar op die toneel. Foto: Verskaf
Polisielede fynkam die voertuig van ‘n 49-jarige verkeersbeampte wat Dinsdagoggend deur vermoedelik ’n taxibestuurder in Kensington doodgeskiet is. Foto: Jaco Marais

Meer oor:  Kaapstad  |  Verkeersman  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.