Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkeersman vas ná hy op meisies skiet

’n Verkeersbeampte is agter tralies nadat hy Woensdag naby Polokwane glo op ’n groep tienermeisies geskiet het.

Een van die meisies is in die skietery beseer. Sy sterk by die huis aan, sê kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo.

Die 42-jarige verkeersbeampte het om 12:30 die meisies uitgejou toe hulle by die straat afgestap het. Hy was nie aan diens nie.

Die man het ’n klomp skote in die rigting van die kinders geskiet en in die proses is ’n 17-jarige meisie beseer

’n Woordewisseling het tussen hom en die meisies, onderskeidelik 13, 15 en 17 jaar oud, ontstaan. Dit het hom glo só ontstel dat hy die meisies in sy voertuig agternagesit het.

“Die man het ’n klomp skote in die rigting van die kinders geskiet en in die proses is ’n 17-jarige meisie beseer,” sê Ngoepe.

Die polisie en nooddienste is onmiddellik ontbied en die verkeersbeampte is in hegtenis geneem. Die polisie het ook beslag gelê op sy private vuurwapen.

Die verkeersbeampte sal in die landdroshof in Polokwane op ’n klag van poging tot moord verskyn.

Volgens Ngoepe ondersoek die polisie nog die voorval.

Meer oor:  Polokwane  |  Skiet  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.