Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Verkeersmanne’ kaap vragmotor

Kapers in uniforms van verkeersbeamptes by voertuie met die embleem van die verkeersafdeling daarop het ’n padblokkade op die N2 in die Oos-Kaap gehou en ’n koeriervragmotor gekaap.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het die voorval Woensdag omstreeks 07:00 naby die Thornhill- en Hankey-afrit tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai gebeur.

Die vragmotorbestuurder het aan die polisie gesê hy en sy assistent was op die N2 van George na Port Elizabeth onderweg toe hulle ’n Volkswagen Polo en ’n Ford Ikon langs die pad gesien het. Twee “verkeersbeamptes” het gewys hulle moet stilhou.

Die bestuurder het gedink dit is ’n gewone ondersoek. Van die mans het na die vragmotor gestap en gevra om die bestuurder se rybewys te sien. Terwyl hy dit aan een van die mans gegee het, het een van hulle ’n vuurwapen uitgehaal en die bestuurder en sy assistent aangesê om uit die vragmotor te klim.

Twee mans in uniform het hulle in die Ford Ikon na ’n bos in Motherwell in Port Elizabeth geneem, hulle met kabelbinders vasgebind.

Die bestuurder en assistent het na die naaste pad gestap, waar ’n motoris hulle ’n saamrygeleentheid na die Ikamvelihle-polisiekantoor gegee het.

Nkohli sê die vragmotor is later verlate net buite Uitenhage aangetref.

Dit is nog nie duidelik wat presies gesteel is nie.

Die polisie het ’n saak van motorkaping geopen en Nkohli sê verdere sake kan moontlik later bygevoeg word.

Enigeen wat die polisie kan help om die sogenaamde verkeersbeamptes vas te trek, kan lt.kol. Willie Mayi, ondersoekbeampte, by 082 697 5914 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  N2  |  Oos-Kaap  |  Kaping  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.