Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkoolde lyk in kattebak dié van soldaat

Die verkoolde lyk van ’n man wat Sondag in die kattebak van ’n motor gevind is, is positief geïdentifiseer as ’n soldaat van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat as deel van Operasie Lockdown in Kaapstad ontplooi is.

Soldate patrolleer teen bendes. Foto: Jaco Marais

Albert Fritz, LUR van die Wes-Kaapse gemeenskapsveiligheid, het Vrydag gesê die slagoffer was ’n 41-jarige soldaat.

Twee mans is vandeesweek in verband met die moord in hegtenis geneem.

Lede van die brandweer en reddingsdienste was by ’n brandende Hyundai, wat in Silversandsweg, Mfuleni, geparkeer was. Nadat die brand geblus is, het brandbestryders op die lyk in die kattebak afgekom. Die polisie het toe oorgeneem.

Fritz het die polisie geloof vir die inhegtenisneming van twee mans van onderskeidelik 24 en 43 jaar oud.

“Ons kan nie toelaat dat so ’n verregaande verontagsaming die vrede en veiligheid van die mense van ons provinsie bedreig nie. Ons kan nie toelaat dat bendelede ons gemeenskappe intimideer en terroriseer nie, veral nie diegene wat die kwesbaarste is nie.”

Fritz het ’n beroep op die polisie gedoen om vas te stel of die moord bendeverwant was. Indien wel, moet hulle verseker dat die leiers wat die opdrag gegee het, vasgetrek en skuldig bevind word sodat hulle kan tronk toe gaan.

“Die SANW is ontplooi om ons te help om die provinsie te beskerm en ons moet alles in ons vermoë doen om hulle te ondersteun.”

Soldate help om bendegeweld te bestry. Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.