Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkoolde lyke van polisielede in voertuig gekry

Die verkoolde lyke van twee polisielede van Noordwes is in ’n uitgebrande patrollievoertuig gevind nadat hulle Maandagaand verdwyn het terwyl hulle aan diens was.

Die provinsiale polisiebestuur het in ’n verklaring gesê ’n 72-uur-aksieplan is dadelik ingestel nadat ’n soekspan Dinsdagmiddag op die voertuig afgekom het, sê brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, in ’n verklaring.

Die twee polisielede wat dood is, was luidens die verklaring verbonde aan die Mareetsane-polisiekantoor in die Ngaka Modiri Molema-distrik.

“Die twee polisielede was die aand van 26 Julie aan diens besig om op misdaadklagte in die gebied te reageer toe hul bevelvoerder by die gemeenskapsdienssentrum hulle nie meer in die hande kon kry nie.

“Soos die ure verbygegaan het sonder dat hulle kontak gemaak het, het die skofbestuurder na hulle begin soek.” Die middag van 27 Julie is twee lyke agter in ’n staatsvoertuig in die bosse by Moseta gekry.

Luidens ’n bron het die polisielede voordat hulle vermis geraak het ’n bakkie voorgekeer met vee wat vermoedelik gesteel is agterop.

DNS-toetse sal nou gedoen word om die identiteit van die twee mense te bevestig.

Die motief vir die moorde is deel van die ondersoek, lui die verklaring.

Kollegas en naasbestaandes word tans deur beraders bygestaan.

Mareetsane
Die Mareetsane-polisiekantoor. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Polisiemoord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.