Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkragte boervrou: ‘Hulle sal nie my siel steel nie’

Die boervrou wat Woensdagoggend in ’n plaasaanval in Limpopo verkrag is, sal nie toelaat dat dit haar gees en siel steel nie.

Die 61-jarige vrou is steeds in die Mediclinic Limpopo in Polokwane nadat sy in die aanval in haar regterbeen geskiet is.

Twee van die drie vermeende plaasaanvallers wat in Polokwane in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Sy moes Woensdag ’n operasie aan haar been ondergaan. Haar 62-jarige man word ook steeds in dieselfde hospitaal behandel nadat hy erg aangerand en met draad aan ’n stoel vasgebind is.

Hul dogter het aan Netwerk24 gesê haar ma het vir haar gesê dat sy “nie as ’n slagoffer gesien wil word nie.

“Sy het vir my gesê hulle kon nie en sal nie haar gees en siel vat nie. Sy het deur alles hardop gebid.”

Die vrou mag nie geïdentifiseer word nie omdat die polisie klagtes van verkragting ondersoek. Die dogter het aan Netwerk24 bevestig dat haar ma verkrag is.

Die egpaar het vier kinders.

Die boer se 98-jarige ma woon by hulle op die plaas en die drie aanvallers het by ’n venster in haar kamer ingebreek.

Sy is met ’n wapen aangehou en het vir die mans gesê: “Skiet my as julle wil.”

Hulle het haar nie enige fisieke leed aangedoen nie.

Die wapens en TV wat tydens 'n plaasaanval in Limpopo gesteel is. Foto: SAPD
Die bakkie van 'n boer van Limpopo waarin drie gewapende mans ná ’n plaasaanval gevlug het. Foto: SAPD

Die drie mans het die plaashuis geplunder. Volgens ’n lid van ’n veiligheidsmaatskappy, wat ná die aanval in die huis was en nie sy naam genoem wil hê nie, was daar oral bloed.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die drie mans wat ná die plaasaanval in die egpaar se wit Nissan Navara-bakkie gevlug het, is ná ’n jaagtog en ’n oor-en-weer skietery met die polisie in Polokwane in hegtenis geneem.

Een van die mans is gewond en is onder polisiebewaking in ’n hospitaal in Polokwane. Die polisie het op twee jaggewere, vyf pistole, ’n platskerm-TV en die bakkie beslag gelê.

Hulle sal op aanklagte van gewapende huisroof, verkragting, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en poging tot moord in die landdroshof in Mogwadi in Dendron verskyn.

Meer oor:  Polokwane  |  Limpopo  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.