Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Verkragter’ sterf gewelddadig

Die Oos-Kaapse polisie het die gewelddadige aanval deur lede van die gemeenskap veroordeel wat ’n vermeende verkragter doodgemaak het.

Dit kom ná ’n voorval Donderdagaand toe die man glo die huis van ’n 63-jarige vrou in die Tshatshatsha-nedersetting in Engcobo besoek het. Hy het haar na bewering aangerand en probeer verkrag, maar sy kon hom van haar afskud en hy het gevlug.

“Die ouer vrou het alarm gemaak en die gemeenskap het vinnig gereageer en die verdagte agtervolg,” sê brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder.

Toe hulle die 24-jarige man opspoor, het hulle hom aangerand en op die halssnoermanier tereggestel.

Hy is op die toneel dood.

’n Saak van moord word ondersoek, asook een van poging tot verkragting van die vrou.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het die aanval veroordeel. “Mense moet leer om die gereg te respekteer. Ja, ons verstaan die woede word aangehits deur misdadigheid in ons gemeenskappe, maar om die reg in eie hande te neem kan nie ’n aanvaarbare oplossing wees nie.”

Meer oor:  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.