Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkragter van 6-jarige meisie gesoek

Die polisie in Galeshewe, Kimberley, is op soek na ’n onbekende man wat ’n sesjarige meisie verkrag het.

Die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) in Galeshewe het Donderdag ’n dringende beroep op lede van die publiek gedoen om hulle te help met inligting.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê die meisie en ’n maat het op 18 Julie naby haar ouerhuis in Madibastraat in Galeshewe gespeel toe ’n man hulle nader en met kosgeld probeer omkoop.

Die skets wat deur die polisie uitgereik is van hoe die verdagte moontlik lyk. Foto: Verskaf

Toe die kinders weier om saam met hom te gaan, het hy die sesjarige meisie gegryp en met haar na ’n veld in die nabye omgewing gehardloop, waar hy haar verkrag het.

Kock sê hierna het die man die meisie in die veld gelos en gevlug.

Die meisie is terug na haar ouerhuis, waar sy aan haar ouers vertel het wat gebeur het. Haar ouers is dadelik na die polisie.

Volgens Kock het die meisie se maat op 19 Julie uitwysings aan die polisie gedoen oor waar hulle gespeel het.

Die GKS-eenheid soek sedertdien onverpoos na die verdagte en het nou ’n skets saamgestel oor hoe die man moontlik lyk.

“Die polisie het dringend die hulp van die publiek nodig om met enige moontlike inligting na vore te kom,” sê Kock.

Enigeen met inligting kan speursers. Tanya Serfontein by 082 495 4605 bel.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Meer oor:  Kimberley  |  Gesoek  |  Meisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.