Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verkragting op kringtelevisie: JMPD jaag na toneel

’n Patrolliemotor van die Johannesburgse Metropolisie (JMPD) het na die toneel gejaag toe personeel van die beheerkamer wat kringtelevisiekameras in die middestad monitor die beamptes ingelig het ’n vrou word deur ’n taxibestuurder verkrag.

Die 23-jarige vrou het Woensdag omstreeks 18:00 op die taxi geklim om van Naturena na die Bree-taxistaanplek te ry, sê kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder.

In ’n verklaring verduidelik Mbele die taxibestuurder het die ander passasiers om die beurt op die roete afgelaai. Die vrou was alleen saam met die bestuurder toe hy die Bree-taxistaanplek nader. Sy het gevra om af te klim, maar die taxibestuurder het glo weggejaag en op ’n afgesonderde gebied op die hoek van Von Weilligh- en Wemmer Jubileestraat stilgehou.

“Die verdagte het haar glo uit die taxi gesleep en haar klere uitgetrek. Dit het die personeel se aandag getrek toe hulle sien hoe ’n man ’n halfkaal vrou die bosse insleep,” sê Mbele.

Hy sê die metropolisie is onmiddellik na die toneel ontbied en die verdagte is in hegtenis geneem.

Die verdagte het die vrou toe glo reeds verkrag en hy het Vrydag in die landdroshof in Johannesburg verskyn.

Hy bly in polisieaanhouding.

Meer oor:  Jmpd  |  Johannesburg  |  Cctv  |  Taxibestuurder  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.