Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Verloofde in koma, stiefpa sterf ná aanval by gholfklub

’n Man van Welkom, Louis Coetzee (61), is Vrydagaand doodgeskiet terwyl hy, sy stiefdogter en dié se verloofde die Unicorn-gholfklub se deure gesluit het.

Coetzee het sy stiefdogter, Marlene Matthysen, en haar verloofde, Kim van Heerden, teen toemaaktyd by die klub gaan help.

Coetzee was juis bekommerd oor die vroue se veiligheid, sê ’n ingeligte.

Volgens ’n familielid wat nie haar naam wil bekend maak nie het Van Heerden net die laaste slot in die klub se buitedeur gesluit, toe iemand op hulle begin skiet.

Louis Coetzee (61) is Vrydagaand doodgeskiet toe hy gehelp het dat sy dogter en haar verloofde hul werkplek sluit. Foto: Facebook

“Kim het ’n katmandjie na die drie aanvallers gegooi, met die kroeg se sleutels weggehardloop en onder Louis se bakkie ingekruip,” sê die familielid.

Hier het sy aanhoudend die noodknoppie van ’n veiligheidsmaatskappy gedruk.

Intussen het twee klante wat net op pad was om te ry, gesien wat gebeur het en uit hul voertuig gespring, sê die vrou.

Die aanvallers het dié twee beveel om op die grond te lê.

Matthysen is skrams in die kop geskiet en is in ’n kritieke toestand in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein opgeneem.

Die koeël het haar skedel beskadig en sy het bloeding op die brein, sê die vrou.

Annelize Strydom, Coetzee se dogter, sê haar ma, Dolly, het bekommerd geraak toe haar pa nie huis toe kom nie.

Sy het na die gholfklub gery, waar die polisie reeds op die toneel was.

Strydom sê haar pa se bakkie met die sleutels, sy beursie, alles is net so gelos nadat hulle geskiet is. Niks is gesteel nie. Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het die mans wel iemand se skootrekenaar gesteel en daarmee gevlug.

Strydom sê haar pa was ’n skofbaas en het onlangs afgetree.

Thakeng het bevestig dat ’n klag van moord en een van poging tot moord ondersoek word.

Coetzee is volgens Thakeng twee keer geskiet.

Meer oor:  Aanval  |  Roof  |  Moord  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.